Plaasaanval: Bejaarde vrou ontsnap vyf aanvallers

Lees ook :

Foto: Ian Cameron

MPUMALANGA. – Role Uys, ’n bejaarde vrou, wat alleen op ’n plaas naby Carolina boer, is Woensdagaand deur vyf verdagtes aangeval toe sy by haar huis aangekom het.

Ian Cameron, voorsitter vir die portfoliokomitee van die polisie, misdaadaktivis en lid van die parlement, sê op sosiale media ondanks die feit dat sy deur een van die aanvallers gebyt is, het sy terugbaklei en self die aanvaller gebyt. Sy het daarin geslaag om te ontsnap deur met haar voertuig deur die plaashek te jaag. Sy was tydens die aanval ongewapen.

“Haar dapperheid het ongetwyfeld haar lewe gered. Verdere besonderhede sal volg. Bly waaksaam en ondersteun plaaslike veiligheidstrukture,” sê Cameron.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief