Plaasaanvallers gevonnis ná aanval op vroulike plaaseienaar

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Muzikayifani Ndwandwe (43), Thubelihle Ndwandwe (29) en Siyabonga Ndwandwe (29) is op 17 Julie deur die Evander-landdroshof tot lewenslange tronkstraf vir ’n plaasaanval in Leslie op 7 September 2022 gevonnis. Tydens die aanval is die vroulike plaaseienaar (60) aangerand, vasgebind en met ‘n mes gesteek.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie is op die betrokke dag omstreeks 08:00 na ‘n plaasaanval in die Leslie-omgewing ontbied. Volgens die polisie is ’n plaaswerker dié oggend deur drie mans genader wat na beeste gevra het. Een het ’n vuurwapen op hom gerig terwyl die ander hom na die kombuisdeur gesleep het.

Die beskuldigdes het toe toegang tot die huis verkry, deur die venster by die kombuisdeur, wat gesluit was, te breek. Die plaaseienaar is gegryp, gesnoer, gewurg, met kabelbinders vasgebind en twee keer met ‘n mes in die onderlyf gesteek. R10 000 kontant, ’n windbuks, selfone, motorsleutels en ’n slypmasjien is gebuit waarna die beskuldigdes te voet van die plaas gevlug het.

‘n Boer wat hom gehaas het om te help, is ook van sy selfoon beroof. Plaasboere en die polisie het saamgespan en die verdagtes dieselfde dag vasgetrek. Die saak is op 9 September in die Leslie- periodieke hof aangehoor en borgtog is geweier, waarna die saak vir verdere verhoor na die Evander-landdroshof oorgeplaas is.

Die drie aangeklaagdes is op 17 aanklagte skuldig bevind, insluitend gewapende roof, poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Benewens lewenslange tronkstraf is hulle op verskeie aanklagte elk tot tussen 3 en 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hulle is ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

  • Aanklag 1: Lewenslange tronkstraf (Sakeroof/Plaasaanval)
  • Aanklag 2: 3 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 3: 10 jaar tronkstraf (Poging tot moord)
  • Aanklag 4: 15 jaar tronkstraf (Poging tot moord)
  • Aanklag 5: 3 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 6: 10 jaar tronkstraf (Poging tot moord)
  • Aanklag 7: 15 jaar tronkstraf (Poging tot moord)
  • Aanklag 8: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 9: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 10: 10 jaar tronkstraf (Poging tot moord)
  • Aanklag 11: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 12: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 13: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 14: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 15: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 16: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)
  • Aanklag 17: 5 jaar tronkstraf (Rig van ’n vuurwapen)

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, waarnemende provinsiale kommissaris, het die polisie, vervolgingspan en plaasgemeenskap vir hul samewerking geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief