LIMPOPO. – Frederick Botha (67), Gonzales Jorge (51), Gutierrez Lopes (43) en Simphiwe Khumalo (35) is op 19 Julie in hegtenis geneem, nadat ‘n dwelmlaboratorium en tik (crystal meth) ter waarde van R2 bn. op ‘n plaas ontdek is.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het Maandag in die Groblersdal-streekhof voorgekom. Die saak is vir verdere ondersoek tot 1 Augustus uitgestel.
Mogale sê inligting van suspisieuse aktiwiteite op die plaas in Groblersdal is ontvang, waarna op die plaas toegeslaan is. Vier strukture is deursoek en groot hoeveelheid chemikalieë wat in die vervaardiging van onwettige dwelmmiddels gebruik word, sowel as asetoon en crystal meth met ‘n geskatte straatwaarde van R2 bn., is ontdek.
Nog ‘n verdagte (44) is Maandag op aanklag van die vervaardiging, handel en besit van onwettige dwelmmiddels in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
“Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek het sedert die begin van die jaar, afgesien van hierdie een, 10 dwelmlaboratoriums ontbloot en 34 arrestasies gemaak.”





