WES-KAAP. – ’n Visserman (43) van Blue Downs in Kaapstad wat Saterdag deur branders van rotse gevee is terwyl hy tussen Gordonsbaai en die Steenbrasriviermonding vanaf die strand vis gevang het, word steeds gesoek.
Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits NSRI-diensspanne en die Stad Kaapstad se waterreddingsnetwerk is omstreeks 10:30 geaktiveer nadat berigte ontvang is van ’n visserman wat deur branders die see ingetrek is. Buiten die NSRI, SAPD, EMS, beide staat- en privaat ambulansdienste, verkeer en ‘n reddingshelikopter, het aan die soektog deelgeneem, maar geen teken van die vermiste man is gevind nie.
“Polisieduikers, met bystand van NSRI Gordonsbaai, is steeds besig met ’n voortgesette soektog,” het NSRI-woordvoerder Craig Lambinon Sondag gesê.
Die polisie het ’n ondersoek geopen.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]




