Plaasmoord – saak teen verdagtes uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Hendrik Venter (81) is Vrydag, 27 September, vermoor op ’n plaas tussen Kuruman en Hotazel aangetref. Twee verdagtes, Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26), het Dinsdag in die Kuruman-distrikshof verskyn. Die saak is tot Vrydag 4 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê vier verdagtes is aanvanklik vir die moord gearresteer. Twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, is uit aanhouding vrygelaat.

“Ná voorlopige ondersoeke en voortgesette ondersoeke na die saak het net twee in die hof verskyn. Tans is daar getuienis teen slegs twee beskuldigdes; die ander twee kan later teruggebring word indien ‘n ondersoek hulle met die misdaad verbind.”

Beide die verdagtes bly in aanhouding.

Senokoatsane sê die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Vier verdagtes wat is naby Hotazel in hegtenis geneem is, en het in die hof voorgekom. Twee verdagtes, is vrygelaat. Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26) bly in aanhouding en sal Vrydag vir borg aansoek doen.

Venter se liggaam met kopwonde is Vrydag omstreeks 09:45 by die hek van ‘n aangrensende plaas, langs sy voertuig, aangetref. Die polisie het bevestig vier verdagtes is in hegtenis geneem.

Kol. Cherelle Ehlers sê aan Nuusflits Venter het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel omstreeks 08:30 verlaat om beesposte te besoek. Die polisie is ontbied nadat sy liggaam later ontdek is. Volgens vermoede is ‘n onbekende bedrag geld vermis.

“Omstreeks 18:00 is drie verdagtes naby Hotazel ​​opgespoor. Twee verdagtes het gevlug, maar die derde man (25) is aangekeer.”

Enigiemand wat inligting het kan lt.kol Gert du Plessis by 082 454 2942 bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App