Plaasmoordenaar lewenslank tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Op lêer

VRYSTAAT. – Mark Regal (50 ten tyde van die misdaad) is op 11 November 2020 op sy pa se plaas, Thelma, op Odendaalsrus, tydens ‘n plaasaanval doodgeskiet. Khulekani Kaizer Mthethwa (46) is tot lewenslank en addisioneel 10 jaar tronkstraf vir die misdaad gevonnis.

Sers. Maholomola Kareli sê Mthethwa is vir Regal se moord en poging tot moord op sy vrou gevonnis. Die verdagtes het probeer om Regal se vrou dood te maak, maar sy kon daarin slaag om een van die verdagtes dood te skiet. Ander verdagtes het ontsnap. Bewysstukke wat deur deskundiges op die toneel versamel is, het tot Mthethwa se inhegtenisneming op 24 Maart 2024 gelei.

Mthethwa, wat deur DNS aan die toneel gekoppel is, is in die hof skuldig bevind en is lewenslank vir moord en 10 jaar vir poging tot moord gevonnis en is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief