Plas water lei tot drie se beserings

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Groot plas water het Sondag veroorsaak dat ‘n voertuig waarin drie persone gereis het op die M25 naby KaMashu beheer verloor en teen ‘n wal af is. Al drie insittendes het beserings opgedoen.

Reaction Unit South Africa sê ‘n beampte was omstreeks 07:30 op patrollie toe hy ‘n swart Daihatsu-sportnutsvoertuig opgemerk het wat teen ‘n wal af is.

Die beampte het gevind al drie die insittendes het beserings opgedoen. Hulle is deur paramedici van ‘n privaat ambulansdiens behandel voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is.

Die voertuig het ‘n groot plas water getref, waarna die bestuurder beheer verloor en in digte bosse teen ‘n wal af is. Die bestuurder is nie beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief