Verdagtes is in Limpopo, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap in hegtenis geneem, nadat plofstof glo in hulle besit gevind is.
Kol. Malesela Ledwaba sĆŖ twee verdagtes, 32 en 42 jaar, is in die vroeĆ« oggendure op 30 Mei in hegtenis geneem. Hulle het na bewering probeer om kommersiĆ«le plofstof met ‘n Toyota Quantum met ‘n sleepwa die land in te bring. Die verdagtes met die voertuig is deur die polisie by die Beitbrug-grenspos voorgekeer en deursoek. Die plofstof was in sakke versteek. Die verdagtes het op aanklagte van smokkel en besit van plofstof in die Musina-landdroshof verskyn.
Sers. Timothy Sam sĆŖ op 5 Junie is ‘n vrou (29) en ‘n man (36) in die Noord-Kaap met ‘n besending plofstof in hulle besit in hegtenis geneem na inligting opgevolg is. Die verdagtes sal in die Galeshewe-landdroshof verskyn.
Lt.kol. Simphiwe Mhlongo sĆŖ op 5 Junie is ‘n verdagte (39) vir die besit van plofstof in Kwadabeka-woonbuurt in Durban in hegtenis geneem. Inligting van ‘n verdagte wat in besit is van plofstof wat glo vir transitorooftogte gebruik word, is opgevolg. In die vroeĆ« oggendure is daar op ‘n huis toegeslaan en nege eenhede plofstof, vier ontstekers en 39 lewendige rondtes ammunisie gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem en aangekla. Hy het in die Pinetown-landdroshof verskyn.