Poging tot moord na aanval op plaas ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Man is Dinsdag omstreeks 13:30 deur drie gewapende verdagtes in sy motorhuis op ‘n plaas in Hazyview oorval en aangerand.

Brig. Donald Mdhluli sê aan Nuusflits die klaer het in die motorhuis gewerk toe drie vermomde verdagtes glo skielik te voorskyn gekom het. Na bewering was twee van die verdagtes in besit van pistole en die klaer is daarmee aangehou.

Die klaer se hond is geskiet en ‘n struweling het tussen die klaer en een van die verdagtes ontstaan en skote is geskiet. Die klaer is voorts glo met ‘n ysterpyp oor die kop geslaan en ook met die kolf van ‘n vuurwapen aangerand.

Niemand is tydens die insident raakgeskiet nie. Die verdagtes het onverrigter sake met leë hande van die toneel gevlug.

Mdhluli versoek enigiemand met relevante inligting om na vore te kom om die verdagtes in die poging tot moordsaak aan te keer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief