Die polisie se nasionale eenheid teen vervalste goedere het sedert sy ontstaan in November 2023 in samewerking met rolspelers reeds meer as R300 m. se vervalste goedere gekonfiskeer.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê tot op hede is daar ook in 5 maande op 31 voertuie beslag gelê en 23 verdagtes met verskeie nasionaliteite is in hegtenis geneem. Beslag is op vervaardigingstoerusting onder andere naaimasjiene, borduurmasjiene en syskermdrukmasjiene gelê.
In Bellville in die Wes-Kaap is twee Somaliërs Woensdag in hegtenis geneem en R80 m. se vervalste goedere is onderskep. Van Wyk sê nagenoeg 100 000 vals items is gekonfiskeer wat klerasie, sportklere, skoene, sakke, pette en parfuum insluit.





