LIMPOPO. – Die polisie in dié provinsie het meer as 100 paar skoolskoene van Old Mutual ontvang, in ’n gesamentlike poging om kinders te ondersteun wat deur onlangse vloede geraak is.
Brig. Hlulani Mashaba sê Lintle Sekhosana, Old Mutual-voorsitter, sê die inisiatief gaan oor meer as net skoene en fokus daarop om waardigheid en hoop vir kinders te herstel. Volgens haar help dit ook om selfvertroue te bou en ’n gevoel van normaliteit terug te bring sodat kinders weer met moed skool toe kan gaan. Genl.maj. Venitia Masingi, die adjunk-polisiekommissaris van misdaadopsporing, het beklemtoon dat skooldrag ’n belangrike rol speel in ’n kind se lewe, aangesien dit ’n gevoel van behoort en gelykheid skep. Sy het bygevoeg dat dit kinders help om weer roetine te hervat en met selfvertroue op hul studies te fokus.
Masingi het Old Mutual bedank vir hul bydrae en gesê sulke vennootskappe is noodsaaklik om gemeenskappe te ondersteun en kinders se toekoms positief te beïnvloed.





