Lees ook: Selfoondata verbind verdagtes in Senzo Meyiwa-saak met mekaar
PRETORIA. – ’n Polisiebeampte het getuig een van die verdagtes in die Senzo Meyiwa-saak was verbaas die moord word jare na sy dood nog ondersoek.
Sers. Papi Tsie het getuig hy is op 30 Junie 2020 deur die ondersoekbeampte, brig. Bongani Gininda gekontak om DNS-toetse op Mthobisi Mncube uit te voer.
Tsie het getuig Mncube het aanmerkings in IsiZulu gemaak terwyl sers. Bathobakae Mogola vir Tsie ingelig het oor die Meyiwa-saak.
Hy het gesê hy was met die ondersoekbeampte op die foon toe Mncube glo sê: “Dis weer die saak. Ek het gedink die saak is dood, maar nou kom dit terug”. Tsie het gesê hy het Mncube gevra of hy iets van die saak weet, maar Mncube het geweier om te antwoord.
Bronne: The Citizen, Sunday World, TimesLIVE
Lees ook: Selfoondata verbind verdagtes in Senzo Meyiwa-saak met mekaar





