Polisie in Galeshewe soek na vermiste Bolt-bestuurder

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Simbarashe Chimbowa (30), oorspronklik van Zimbabwe, is laas op 21 Julie 2025 omstreeks 19:00 by sy huis in Kagisho, Galeshewe, Kimberley, gesien. Die Galeshewe-polisie doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van die bestuurder wat steeds vermis is.

Lt.kol. Sergio Kock sê Chimbowa is Engels- en Shona-sprekend, donker van gelaatskleur, het ’n baard, is 1,79 meter lank en maer van postuur. Hy bestuur ’n blou Ford Comfort met registrasienommer DDH 295 NC. Hy was in ’n rooi trui en groen sweetpakbroek geklee toe hy werk toe is.

Kock sê die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting van waar Cimbowa hom moontlik bevind, kan AO Isaac Sane by 082 469 0193 of AO Christopher Botha by 082 469 0203 bel. Die publiek word herinner dat daar geen wagtyd is om ’n persoon as vermis aan te meld nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief