Polisie in Tuinroete slaan op 70 verdagtes toe

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Polisielede in die Tuinroete het die langnaweek vir die inhegtenisneming van 70 verdagtes gesorg.

Sers. Christopher Spies sê verskeie tipes operasies is uitgevoer, waartydens verdagtes vir die besit van en handel in dwelms vasgetrek is. Daar is op tik, Mandrax en dagga beslag gelê. Meer as 30 van die verdagtes is op Conville, George en Pacaltsdorp in hegtenis geneem.

Donderdag is daar op die Oudtshoorn-taxistaanplek toegeslaan waar tik en Mandrax gekonfiskeer en twee verdagtes vir handel in dwelms toegesluit is.

Saterdag het lede op ‘n huis in Concordia op Knysna toegeslaan waar meer tik gekonfiskeer is en ‘n ongedokumenteerde persoon vir handel in dwelms toegesluit is.

Twee verdagtes is ook vir die verkoop van drank sonder ‘n dranklisensie in The Crags, buite Plettenberg en Da Gamaskop op Mosselbaai vasgetrek. Altesaam 326 liters drank is gekonfiskeer.

Die verdagtes sal in verskeie landdroshowe voorkom.

“Hierdie arrestasies en beslagleggings vorm deel van verskeie operasies wat van stapel gestuur is om gemeenskappe te beskerm met ‘n spesifieke doel om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord wat verskeie gemeenskappe in hierdie streek teister, hok te slaan.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief