Brekende Nuus
Nuus

Polisie keer vragmotor met sonpanele van sowat R4 miljoen voor

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisie het Donderdag 12 November ’n vragmotorbestuurder op die R57 naby Sasolburg in hegtenis geneem nadat hulle hom voorgekeer het met sleepwaens wat glo in Kroonstad gekaap is. Die sleepwaens was gelaai met sonpanele ter waarde van sowat R4 miljoen.

Konst. Kelello Patsa, polisiewoordvoerder, sê die Sasolburgse snelwegpatrollie het op ’n wenk gereageer en die wit Freightliner op die R57 voorgekeer. Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem nadat hy volgens die polisie nie die vrag bevredigend kon verduidelik nie. Die eienaar het glo bevestig dat die sleepwaens aan hom behoort. Hulle is oorspronklik deur ’n silwer Volvo-vragmotor gesleep.

Die polisie het op die Freightliner beslag gelê en ondersoek ’n saak van vermoedelik gesteelde eiendom. Die bestuurder bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die hof voorkom.