Polisie lê op R850 000 onwettige Lego-speelgoed beslag

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het Dinsdag met soek- en beslagleggingslasbriewe in Oriental City in Centurion op die Ou Johannesburgpad en by Queens Corner-inkopiesentrum in Queenswood op vervalste Lego-speelgoed ter waarde van R850 000 beslag gelê.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê die optrede het plaasgevind nadat ‘n klagte ontvang is van welbekende besighede wat glo die wet oortree en onwettige Lego-speelgoedprudukte verkoop.

Volgens Mogale was die geïdentifiseerde besigheidspersele reeds op owerhede se radar.

Die polisie het op produkte wat reeds deur die besighede op die verkoopsvloer vertoon was, beslag gelê. Dit sluit in elektroniese speletjies, toerusting en rekenaarspeletjies met die Lego-logo op. Tydens verdere ondersoek is verskeie bokse met dieselfe produkte in verskeie gange van die besighede gepak gevind.

Ongeveer 2 100 eenhede ter waarde van R850 000 is deur die polisie van die rakke gehaal en op beslag gelê.

Kriminele, sowel as siviele sake, is teen die verantwoordelike besighede en hul eienaars ingestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief