Lees ook: Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof
NOORD-KAAP. – 12 verdagtes is Maandag op Kleinsee vir beweerde onwettige mynery en betreding in hegtenis geneem.
Die polisie het inligting ontvang oor twee voertuie wat beweerde onwettige myners vervoer. ’n Span wat bestaan uit die polisie, weermag en departement van binnelandse sake, is na die myn gegaan waar die voertuie gesien is.
Die span het die verdagtes in hegtenis geneem en die twee voertuie gekonfiskeer. Beslag is gelê op 20 liter diesel, siwwe, grawe en hamers.
Die verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof





