Polisie neem 30 393 jongmense oor drie jaar in diens

Lees ook :

Foto: SAPD

Die SAPD sê die organisasie het die afgelope drie jaar 30 393 jongmense in diens geneem om misdaad te bekamp.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits terwyl Suid-Afrika Jeugdag herdenk, het genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris te kenne gegee dat die diens steeds as werkgewer van keuse onder die jeug beskou word.

Mathe sê die SAPD se Projek 10 000 is president Cyril Ramaphosa se inisiatief wat van stapel gestuur is om misdaadvoorkoming te versterk. Dit het tot die werwing en opleiding van ‘n aantal volwaardige polisiebeamptes gelei. Hierdie beamptes is landwyd ontplooi om misdaadbekamping op grondvlak te versterk, veral waar sigbaarheid van die polisie en dienslewering die dringendste is. Van dié getal dien die meerderheid tans in gemeenskapsdienssentrums (GDS) ook bekend as aanklagkantore, waar misdaad aangegee en sake geregistreer word.

Van hierdie indiensnemings is altesaam 4 000 as speurders opgelei om die vervolgingsukseskoers en ondersoekvermoë van die SAPD te verbeter. Nog 5 000 is as beamptes van Openbare Orde-polisiëring opgelei en ontplooi om betogings en openbare byeenkomste te bestuur. Daarby is 575 beamptes opgelei en in die 10111-noodoproepsentrums regoor die land werksaam, waar hulle polisie-reaksie op misdaadverwante noodgevalle koördineer. Nog 675 DNS-laboratoriumontleders en misdaadtoneelkenners ontvang tans praktiese opleiding by polisiestasies en sal daarna ontplooi word na die SAPD se vier forensiese laboratoriums of na die plaaslike kriminele rekordsentrum.

Daar is tans 5 500 polisiestudente in opleidingsakademies wat in Augustus en Desember sal gradueer. Teen die einde van Junie sal die polisie nog 5 500 studente-posisies adverteer en jongmense word aangemoedig om aansoek te doen.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief