GAUTENG. – Veilige skole is ‘n prioriteit vir die lede van die Meyerton-polisiëringsarea. Verskeie rolspelers het Hoërskool Meyerton besoek.
Konst. Tlaleng Moloi sê besoeke van polisiebeamptes en verskeie rolspelers bevorder veilige en ordelike skoolomgewings. Tydens die besoek is daar met leerlinge oor afknouery, dwelmmisbruik en ander onderwerpe gepraat. Leerlinge is bemoedig en die klem is op dissipline geplaas.
“We believe that knowledge is power, and by equipping learners with necessary safety and life changing information, we can help them navigate the world confidently and securely.”
Die program sal onder leiding van lt.kol. Johan de Winnaar, die waarnemende stasiebevelvoerder, voortgaan.

