Polisie ondersoek dood van man, 2 kinders en poging tot moord op hul ma

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (35) het Maandagaand sy lewe in ‘n brand by ‘n huis in Chris Hani sy lewe verloor. Twee kinders is na ‘n hospitaal gehaas maar het ook gesterf. Die ma (33) is in ‘n kritieke toestand.

Sers. Mahlomola Kareli sê die vrou en haar twee kinders bly in die huis. Die man, vermoedelik ‘n gewese kêrel, het haar besoek. Sy het die twee kinders, seun (7) en dogter (2), in ‘n kamer toegesluit. ‘n Bakleiery het uitgebreek en die vrou is vyf keer in die bors en twee keer in die rug gesteek.

Die man het homself glo daarna in die huis toegesluit. ‘n Brand het ontstaan en hy het doodgebrand. Die ma en kinders is na ‘n hospitaal gehaas, maar die kinders is met aankoms dood verklaar, vermoedelik weens rookinaseming.

Die Kopanong-polisie ondersoek twee sake van moord, een van poging tot moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

“Ondersoeke gaan voort om vas te stel wat die brand veroorsaak het.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief