Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie ondersoek dood van sake-eienaar in Kimberley

Foto: Ter illustrasie
Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – ‘n Man (54), wat glo die eienaar van ‘n besigheid in die sentrale sakekern van Kimberley is, is Donderdag deur sy werknemers dood aangetref. Die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

Luidens ‘n verklaring deur sers. Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, die polisie is in kennis gestel nadat die man se liggaam gevind is.

Die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting word gevra om die ondersoekeenheid by 082 302 0407 te bel.