WES-KAAP. – Die polisie se provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaadeenheid ondersoek ‘n driedubbele moord en poging tot dubbele moord wat omstreeks 23:00 gisteraand (Woensdagaand) in Moletsanestraat New Crossroads plaasgevind het.
Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê met die polisie se aankoms op die toneel is drie mans se liggame, met skietwonde, in ‘n slaapkamer aangetref. Twee ander manlike slagoffers het ook skietwonde opgedoen en is na ‘n mediese fasiliteit vervoer.
Voorlopige inligting dui aan dat vier gewapende verdagtes op die slagoffers losgebrand het voordat hulle met verskeie selfone en ‘n vuurwapen, wat aan een van die slagoffers behoort, van die toneel gevlug het. Al vyf die slagoffers is glo in hul dertigs. Die motief vir die aanval is nog onbekend en word ondersoek.
Enigiemand met relevante inligting wat met die ondersoek kan help, word gevra om na vore te kom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





