WES-KAAP. – Mark Lifman (57), ‘n sakeman van die Wes-Kaap en glo ‘n bekende in die misdaadwêreld, is Sondag in ‘n parkeerarea by die Garden Route Mall in George doodgeskiet.
Kol. André Traut sê aan Nuusflits die polisie is omstreeks 11:30 na ‘n skietinsident buite Garden Route Mall in George.
“‘n 57-jarige man is vermoor wat deur onbekende aanvallers wat van die toneel gevlug het.”
Traut sê die omstandighede van die insident is deel van die polisie se ondersoek en meer inligting kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie.
“Die identiteit van die slagoffer moet nog deur die SAPD bekend gemaak word.”
George Herald het die oorledene as Lifman geïdentifiseer en sê die verdagtes het in ‘n wit VW Polo met ‘n CY-registrasienommer van die toneel gevlug. Lifman staan tereg op verskeie aanklagte wat moord, poging tot moord, geldwassery en bendeverwante misdaad, insluit. Die oorledene sou Maandag in die hof verskyn het.
Lees meer oor Lifman se hofsaak hier.
Bronne: SAPD, George Herald en South African Legal Information Institute (SAFLII)





