ELUKWATINI. – Die polisie ondersoek ’n moord nadat die liggaam van ’n tiener, tussen 15 en 16 jaar oud, Donderdagoggend in Tjakastad, Elukwatini, gevind is.
Lees ook: KYK: Kelly Khumalo reageer op advokaat se bewering dat sy Senzo Meyiwa geskiet het
Lede van die gemeenskap het die polisie gebel nadat hulle op die liggaam van die meisie afgekom het.
Die voorlopige ondersoek het bevind twee jong meisies het ’n kuierplek besoek waar hulle ’n onbekende man, moontlik ’n buitelander, ontmoet het wat glo vir hulle deur die aand drank gekoop het. Toe die kuierplek toemaak, het die drie saamgeloop. Die man het glo op seksuele gunste aangedring, maar hulle het geweier. Hierop het hy glo het hulle waardevolle besittings geëis, maar hulle het weer geweier en hy het hulle met ’n skerp voorwerp aangeval.
Die meisies het in verskillende rigtings gevlug. Een van hulle is op die toneel dood gekry. Die ander meisie is na ‘n hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek en later ontslaan.
Bronne: SAPD
Lees ook: KYK: Kelly Khumalo reageer op advokaat se bewering dat sy Senzo Meyiwa geskiet het





