Polisie ondersoek moord op 14-jarige meisie

Lees ook :

Foto: Fulufhelo Rita Maremeni Facebook-blad

GAUTENG. – Likhona Fose (14) se verminkte liggaam is Sondag in ‘n oop veld by Durban Deep in Roodepoort gevind. Die tiener het haar huis verlaat, maar het nie weer teruggekeer nie.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring ‘n verbyganger het die meisie se liggaam ontdek en het die polisie ontbied. Die verdagte(s) is nog onbekend en die ondersoek duur voort. Hulpbronne is gemobiliseer om te verseker dat die skuldige(s) aan die pen ry.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Bronne: SAPD, Newzroom Afrika en eNCAnews

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief