MPUMALANGA. – Die polisie in Mhluzi stel ondersoek in na ‘n ontploffing in Avalon waartydens ‘n man (40) Sondagmiddag gesterf en nog een (44) beseer is.
Kol. Donald Mdhluli sê die insident het omstreeks 15:30 by ‘n vermoedelik ou militêre perseel plaasgevind.
“Volgens ‘n verslag lyk dit of die twee individue probeer het om koper van wat glo ‘n mortierronde is, te kry toe dit ontplof het.”
Nooddienste het die beseerde man vir mediese hulp na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
“Intussen is ‘n geregtelike doodsondersoek aan die gang en deel van die ondersoek sal wees om duidelikheid te kry oor die omstandighede van die tragiese voorval en wat die twee individue na daardie omgewing gedryf het.”
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: