Lees ook: AKA-verdagtes in hof vir borgaansoeke
WESTENBURG. – Die polisie is op soek na vier verdagtes wat glo gister ‘n trokdrywer by ’n Shell-garage op die N1 probeer doodmaak het.
’n Buitelandse trokdrywer was in sy trok op pad van Johannesburg na Polokwane toe hy naby Polokwane by ‘n vulstasie afgetrek het. Volgens die polisieverslag het hy iets gekoop om te drink en toe weer gery.
Vier onbekende mans, een met ’n wapen, het sy trok genader terwyl hy aan die wegtrek was. Hulle het die vuurwapen op hom gerig en hom beveel om af te trek, maar hy het geweier. Een van die verdagtes het ’n skoot op die passasierkant se venster gevuur, maar het die drywer gemis.
Die drywer het weggejaag na die Westenburg-polisiestasie waar hy die saak aangemeld het. Die polisie ondersoek die saak.
Bronne: SAPD
Lees ook: AKA-verdagtes in hof vir borgaansoeke





