Polisie ontdek daggaplantasie – 14 verdagtes in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ’n Daggaplantasie en verbouingsentrum is vanoggend (Woensdag) tydens ‘n gesamentlike wetstoepassingsoperasie in die Springfield-gebied ontdek. Die gekonfiskeerde dagga word op honderde duisende rande geraam. Altesaam 14 verdagtes is aangekeer.

Kapt. Ntathu Ndlovu, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die intelligensiegedrewe operasie het tot die ontdekking van die vyf hektaar daggaplantasie, wat as ‘n groenteplaas voorgehou is, gelei. Van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is 10 buitelandse burgers. ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-uniform, kapmesse en verwerkte cannabis is ook in die verdagtes se besit gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die Babanango-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief