Polisie-opleier wat glo verkrag aangehou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Polisie-opleidingsbeampte verbonde aan die Phillipi-opleidingsakademie is Sondag deur Opod, die polisiewaghond, op aanklag van verkragting van ‘n vroulike rekruut, in hegtenis geneem.

Phaladi Shuping, Opod-woordvoerder, sê voor die beweerde verkragting op 31 Maart het die opleidingsbeampte die vroulike rekruut na sy kantoor ontbied. Sy het glo voorheen verskonings uitgedink om nie daarheen te gaan nie. Na bewering is die deur gesluit toe sy binne was en sy is deur die opleidingsbeampte verkrag.

Die rekruut het die voorval eers ‘n paar dae later aangemeld, waarna dit vir ondersoek aan Opod rapporteer is.

Die opleidingsbeampte het in die Wynberg-landdroshof verskyn, waarna die saak vir formele borgaansoek tot 2 Mei uitgestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief