Lees ook: Toeriste vasgekeer in Disney World ná dit oor orkaan Milton sluit
Polisielede in Florida het ‘n hond gekry wat naby ‘n hoofpad aan ‘n heining vasgemaak is terwyl orkaan Milton in aantog was.
Die hond, wat soos ‘n bulterrier lyk, was tot by sy buik in water toe die polisie dit raakgesien het. Hulle het uit hulle voertuig geklim en die hond in wind en weer gered. Op X het hulle ná die tyd gesê die hond het geen beserings nie en is nou veilig. Hulle het ‘n beroep op mense gedoen om dit nie aan hulle troeteldiere te doen nie.
FHP Troopers rescued a dog left tied to a pole on I-75 near Bruce B Downs Blvd this morning. Do NOT do this to your pets please… pic.twitter.com/8cZJOfkJL2
— FHP Tampa (@FHPTampa) October 9, 2024
Bronne: Irish Mirror, X
Lees ook: Toeriste vasgekeer in Disney World ná dit oor orkaan Milton sluit




