Polisie sê oor rapportering op sosiale media

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Daar is op sosiale media beweer die Swartruggens-polisie het glo ongeveer 80 mense toegelaat om beeste van ‘n plaas, sonder die eienaar se toestemming te laai. Die bewering is elders as nuus gepubliseer.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die polisiebestuur van die provinsie ondervind steeds ‘n probleem met die gemeenskap wat klagtes op sosiale media en ander platforms rapporteer en selfs hulle klagtes daar plaas. Mokgwabone sê die spesifieke insident is nooit by die polisie aangemeld nie, alhoewel ‘n groep persone buite die polisiestasie opgemerk is. Die distrik- en provinsiale kommissarisse het toegetree en daar is ‘n saak geopen en ondersoeke geloods.

Mokgwabone nooi diegene wat ontevrede is nadat hulle ‘n polisiestasie of eenhede besoek het om die beskikbare kanale te gebruik om ‘n klagte in te dien. Die bestuur van ‘n eenheid, ‘n stasie-, distrik- en provinsiale kommissarisse kan genader word. Altenatiewelik kan klagtes by 082 856 0995 aangemeld word.

“Die polisie in die provinsie kan nie ’n situasie goedpraat waarvolgens mense besluit om die bestaande prosesse te ignoreer en hulle tot sosiale media wend, waar hulle skaars bystand kry nie. As dit beteken om stappe te neem, sal dit beslis gedoen word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief