Polisie-sigbaarheid op hoofweë verskerp

Lees ook :

Foto: Per WhatsApp ontvang

GAUTENG. – Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het maksimum mobilisasie op die hoofweë van Gauteng beveel. Dit sluit die ontplooiing van hoofwegpatrollies, die lugvleuel en die blitspatrollie tydens spitsverkeer in.

Brig. Athlenda Mathe sê dit volg nadat ‘n video-opname en stemnota op verskeie platforms versprei is wat verdagtes uitbeeld wat motoriste na bewering beroof. Die ekstra ontplooiing op hoofweë en ander strategiese plekke is om te monitor en om gereelde patrollies op geïdentifiseerde roetes te doen.

Opsporingspanne van die polisie is betrokke om verdagtes vas te trek.

Mathe sê geen sake was tot gister in dié verband by die polisie geregistreer nie. Die polisie moedig enige slagoffers aan om Johannesburg Sentraal-polisiestasie se stasiebevelvoerder by 082 332 5016 te bel om sodoende beter te kan koördineer en hulp vinnig te bekom.

Volgens die brigadier is onderhandelinge met ander rolspelers wat JMPD (Johannesburg-metropolisiedepartement) insluit aan die gang om insidente te probeer keer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief