Polisie skiet gesoekte verdagte dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Gesoekte verdagte (39) is Donderdag net voor middernag tydens ‘n skietery met die polisie in Dennilton doodgeskiet.

Kol. Donald Mdhluli sĆŖ inligting oor die gesoekte verdagte vir beweerde aanklagte van gewapende rooftogte in verskeie areas is opgevolg.

“Tydens ‘n goed gekoƶrdineerde operasie en intensiewe ondersoekpogings het lede die verdagte in Denilton in ‘n hoek vasgekeer.”

Die verdagte het glo op die polisielede geskiet en hulle het teruggeskiet. ‘n Polisielid het beserings opgedoen en moes vir dringende behandeling na ‘n mediese fasiliteit geneem word.

“In reaksie op die bedreiging is ‘n verdedigingsmaneuver uitgevoer om onskuldige omstanders en lede te beskerm.

Die verdagte is noodlottig gewond. Gedurende die skietery is ‘n 13-jarige beseer wat vermoedelik deur ‘n dwaalkoeĆ«l veroorsaak kon wees. Hy is ook vir behandeling na ‘n hospitaal geneem.

‘n Vuurwapen is op die toneel gevind wat forensies ondersoek sal word.

Die polisiewaghond Opod sal die skietvoorval ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief