Polisie skiet twee ‘transitorowers’ dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het gisteraand twee beweerde transitorowers in ‘n skietery in Seksie U in Umlazi doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê ‘n opsporingspan en lede van die Valke was besig met ‘n ondersoek na ‘n transitorooftog waartydens ‘n sekuriteitsbeampte wat geld vervoer het, beroof is. Die beampte is glo deur ten minste drie verdagtes oorval en van geld en sy dienswapen beroof net nadat hy geld in ontvangs geneem het by ‘n winkel op Isipingo.

Terwyl die verdagtes van die toneel gevlug het, het hulle lukraak geskiet en ‘n vrou gewond.

Die vinnige ondersoek van die polisie het volgens Netshiunda na ‘n huis in Umlazi gelei waar twee verdagtes in ‘n huis vasgekeer is. Daar is op die polisie geskiet, wat teruggeskiet het.

Twee verdagtes is noodlottig gewond. Twee vuurwapens is glo in hulle besit gevind. Geen polisiebeampte is tydens die skietvoorval beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief