Polisie skiet verdagte in bosse dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Verdagte is Saterdag tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Madeira doodgeskiet. Twee ander verdagtes het daarin geslaag om te vlug.

AO Majola Nkohli sê volgens beskikbare inligting was Mthatha-TRT-lede (taktiese reaksie-eenheid) omstreeks 13:30 onderweg vanaf Norwood na Mthatha se middestad in Brugstraat toe hulle op ‘n voetganger wat deur drie gewapende mans beroof word, afgekom het.

Met die polisie te voet op hulle spoor het die drie verdagtes na nabygeleë bosse onder die N2-brug gevlug en op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en ‘n verdagte noodlottig gewond. ’n Rewolwer met ammunisie is op die toneel gevind.

Die ander twee verdagtes het daarin geslaag om in die bosse te ontsnap, maar daar word steeds na hulle gesoek. Geen polisielede is tydens die voorval beseer nie.

Die vuurwapen wat op die toneel gevind is, sal vir ballistiese toetse gestuur word. Enigiemand met relevante inligting oor waar die twee verdagtes hulleself bevind, word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief