Polisie slaan op ‘onwettige vuurwapen-opleidingsfasiliteit’ toe

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Die Valke in Polokwane het Donderdag in samewerking met verskeie eenhede op ‘n beweerde vuurwapen-opleidingsfasiliteit toegeslaan.

Verskeie vuurwapens en ammunisie is deur die Valke, OOP, PKRS, TRT en sigbare polisiëring gekonfiskeer.

Na bewering het die Valke ‘n wenk van ‘n verdagte opleidingskamp op ‘n plaas in Modimolle ontvang.

Tydens die operasie is verskeie gelisensieerde gewere, pistole en ammunisie, wat glo tydens opleiding gebruik is, gekonfiskeer.

Die polisie sê die doel van die opleiding is nie duidelik nie, maar militêr-verwante opleiding kan nie uitgesluit word nie.

Dit word ondersoek hoe die vuurwapens en ammunisie op die plaas gekom het.

Geen arrestasies is gemaak nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief