Polisie soek ma van pasgebore baba in sak gekry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – Die polisie op Reddersburg doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van die ma van ’n pasgebore baba wat Woensdag in ’n plastieksak gevind is.

Sers. Sinah Mpakane sê die gru-ontdekking is kort voor 11:00 gemaak toe ’n werker by ’n padinstandhoudingsprojek langs die N6 buite Reddersburg op die sak afgekom het. Volgens haar het die man die sak oopgemaak en die baba daarin gevind, waarna hy die polisie ontbied het. Nooddienste is na die toneel ontbied en het die baba dood verklaar. Die liggaam is daarna na ’n lykshuis geneem.

’n Geregtelike doodsondersoek is intussen geopen. Die polisie vra enigiemand met inligting om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief