Polisie soek man oor dubbele moord

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP – Lwambeso Dyantyi (28) word in verband met moord en poging tot moord, wat gedurende 2023 in Zwelitsha plaasgevind het, deur die polisie gesoek. Hy het glo sy neef en ‘n buurman doodgeskiet.

Polisiewoordvoerder, lt.kol. Siphokazi Mawisa, sê die provinsiale eenheid vir ernstige en gewelddadige misdaadondersoeke is op soek na Dyantyi. Hy word verbind aan ’n skietvoorval in Sone 1 op 27 Julie 2023. Daar word beweer dat hy sy neef en ’n buurman doodgeskiet het, terwyl nog ’n persoon tydens die voorval gewond is.

Volgens die polisie het die verdagte ná die voorval uit die omgewing verdwyn en kon hy ondanks volgehoue soektogte nie opgespoor word nie. ’n Lasbrief is vir sy inhegtenisneming bekom.

Die polisie versoek enigiemand met relevante inligting oor waar Dyantyi hom bevind om speur.konst. Omphemetse Moepeng by 060 594 1699 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief