Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie soek verdagte in saak van seksuele oortredings

Foto: SAPD
Foto: SAPD

WES-KAAP. – Adam Edwards word gesoek in verband met ‘n saak van seksuele oortredings wat in Augustus by die Bothasig-polisiekantoor geregistreer is.

Sers. Wesley Twigg sê die provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) doen ’n beroep op die publiek om te help met Edwards se opsporing. n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is reeds deur die hof uitgereik.

Enigiemand met inligting oor waar Edwards hom bevind, word gevra om speur.sers. Nomabandla Jokazi by 082 827 2048 te bel.