Polisie soek verdagtes ná vier mense doodgebrand is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Die polisie ondersoek vier aanklagte van moord nadat vier mense Saterdag doodgebrand in twee voertuie in die Umatata-gebied in Inanda aangetref is.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê beamptes het op ‘n klagte van twee uitgebrande voertuie gereageer. Met aankoms op die toneel is ‘n onherkenbare verbrande liggaam in ‘n Nissan NP200 gevind. Drie ander liggame, ook volledig verbrand, is in ’n Toyota Rumion aangetref. Naby die NP200 is drie beeskarkasse gevind.

Netshiunda sê die motief vir die brandmoorde is nog onbekend, maar daar word vermoed dat die voorval moontlik met veediefstal verband hou. Die proses om die slagoffers te identifiseer, is aan die gang en die soektog na die verdagtes duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief