NOORD-KAAP. – Ses verdagtes is vir beweerde dwelmhandel in hegtenis geneem toe die polisie drie huise in Verwoerd- en Sandrockstraat in ‘n gesamentlike operasie deursoek en beslagleggings gemaak, het.
Sers. Molefi Shemane sê vier Nigeriese burgers en ‘n Suid-Afrikaner is Dinsdag in hegtenis geneem en tik met ‘n straatwaarde van R286 700, Mandrax-tablette met ‘n geskatte straatwaarde van R25 000, CAT (methcathinone)) ter waarde van ongeveer R17 182 en nyaope is gekonfiskeer.
Die polisie het ook op nege selfone, drie selfoonlaaiers en geld wat in die beweerde verkoop van dwelms gebruik is beslag gelê.
Die verdagtes sal in die Hartswater-landdroshof verskyn.





