NOORDWES – Speurders in Brits het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die identifikasie van ongeveer 38 onbekende persone wie se liggame tans in die lykshuis by die Brits-polisiekantoor lê.
Lt.kol. Amanda Funani sê die meeste van die liggame is manlik en is gedurende 2021 en 2024 op verskeie plekke in en om Brits gevind. Dit sluit onder meer plekke soos die Rabokala-woonbuurt, Klipgatrivier, Letlhabile, Mamogaleskraal, Bila Mine Elandskraal, Majakaneng, Damonsville, Cyferskuil, Bapong, Marikana, MadidiRooikoppies Lethabong, in.
Die polisie doen ‘n dringende beroep op enigiemand met inligting wat kan help om die liggame te identifiseer om kolonel Simon Mokwena te kontak by 082 856 1326.