Polisie vra 38 liggame moet geïdentifiseer word

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES – Speurders in Brits het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die identifikasie van ongeveer 38 onbekende persone wie se liggame tans in die lykshuis by die Brits-polisiekantoor lê.

Lt.kol. Amanda Funani sê die meeste van die liggame is manlik en is gedurende 2021 en 2024 op verskeie plekke in en om Brits gevind. Dit sluit onder meer plekke soos die Rabokala-woonbuurt, Klipgatrivier, Letlhabile, Mamogaleskraal, Bila Mine Elandskraal, Majakaneng, Damonsville, Cyferskuil, Bapong, Marikana, MadidiRooikoppies Lethabong, in.

Die polisie doen ‘n dringende beroep op enigiemand met inligting wat kan help om die liggame te identifiseer om kolonel Simon Mokwena te kontak by 082 856 1326.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief