VRYSTAAT. – Die Tumahole-polisie vra hulp van die publiek om ‘n babaseun wat Saterdag omstreeks 21:30 in ‘n geskenksak langs die DBV se kantoor in Parys gelaat is, op te spoor.
Volgens sers. Josephine Rani en vorige beriggewing van FiND iT het ‘n verbyganger die baba hoor huil, waarna hy geklee in ‘n wit pakkie in ‘n rooi kombers toegevou in die geskenksak gevind is.
Die babaseun is vir mediese waarneming na die Parys-hospitaal geneem.
Enigiemand wat oor inligting wat die beskrywing pas beskik, word gevra om speur.sers. Nombulelo Sejane by 082 049 5208 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





