Polisie vra hulp om liggaam op strand te identifiseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Kabega Park-speurders vra die hulp van die gemeenskap om ‘n man wie se ontbinde liggaam Woensdag op ‘n strand by Van Stadens gevind is, te identifiseer.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die polisie is omstreeks 11:45 na ‘n klagte van ‘n liggaam wat op die strand uitgespoel is en deur ‘n verbyganger gevind is. Geen identifikasie is by die liggaam gevind nie, gevolglik is sy identiteit, asook sy naasbestaandes, onbekend.

“Die man is tussen 45 en 50 jaar oud en was in ‘n swart baadjie waarop “secure provision” in rooi aan die linkerkant geskryf is, geklee. Die oorledene het ook ‘n verbleikte tatoeëermerk “ghetto” aan die regterkant van sy bors, op sy rug die tatoeëermerk “Thug life” en op sy regterarm “Thuglife 28.”

Navrae in die omgewing was onsuksesvol. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. Enigiemand met inligting om die oorledene te identifiseer, kan speur.sers. Deidre Harker by 063 157 2964 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief