Polisie vra hulp om ma en dogter op te spoor

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Die Potchefstroom-polisie vra die gemeenskap se hulp om Carmen Noble (41) en haar dogter, Chailynn van Rensburg (14), van Jeugdstraat in Potchefstroom, op te spoor.

Kol. Adéle Myburgh sê die tienermeisie se pa werk oorsee en met sy terugkeer in Suid-Afrika was hulle nie by bogenoemde adres te vind nie.

‘n Soektog en ondersoek na waar die ma en dogter moontlik kan wees, is sonder sukses geloods.

Noble, wat klein gebou is, is lig van gelaat en is 1.62 meter lank. Sy het blou oë en haar swart hare is in ‘n bob-haarstyl gesny. Die dogter het bruin oë en dra ‘n bril, sy is ook klein gebou en lig van gelaat. Haar lengte is 1.63 meter en haar donkerbruin hare is ook in ‘n bob-haarstyl gesny.

Enigiemand met inligting oor waar die ma en dogter hulle bevind, kan sers. Dikeledi Mokoena of kapt. Frans van Rensburg by 082 411 2571 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief