LIMPOPO. – Bela-Bela-polisie (Warmbad) vra hulp van die publiek om ‘n vrou wat moontlik die slagoffer van ‘n tref-en-trap-ongeluk was, te identifiseer.
Sers. Maphure Manamela sê die vrou se liggaam is op 26 Mei omstreeks 09:00 deur die gemeenskap langs die R10 ontdek. Die oorledene se beserings stem ooreen met dié opgedoen in ‘n motorongeluk.
“Die oorledene is vermoedelik tussen 20 en 30 jaar oud. Sy het tatoes op haar regterarm waarop Lerato en op die linkerarm waarop Rosina staan.”
Die oorledene het ‘n trouring aan en is in ‘n blou T-hemp en blou Ellesse-seilskoene geklee.
Die polisie het ‘n moordsaak geopen en is steeds op soek na verdagtes. Enigiemand met inligting, wat moontlik die insident gesien gebeur het, of die oorledene kan identifiseer, word gevra om kapt. Dana Smith by 081 577 4383 te bel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.






