Polisie vra hulp om seun op te spoor

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Junior Mabandla (6) het Maandagmiddag omstreeks 15:00 in Pienaar vermis geraak toe hy van sy ouerhuis weg is om lekkergoed by ‘n spazawinkel te koop.

Kol. Donald Mdhluli sê Mabandla, wat ‘n swart trui en broek aangehad het, is nog nie weer gesien nie. Pienaar-polisie en die gemeenskap het ‘n soektog geloods, maar dit was tot dusver onsuksesvol.

Enigiemand met inligting oor waar Mabandla hom bevind, kan die GKS-bevelvoerder lt.kol. Tinyiko Mnisis by 082 079 2237 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App