Polisie vra hulp om vermiste pastoor en vrou op te spoor

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Die Bethlehem-polisie vra die hulp van die gemeenskap om die vermiste egpaar pastoor Phillip Mashudu (55) en Elsie Matlou Mashudu (54), op te spoor.

AO Mmako Mophiring sê die egpaar het hulle huis Vrydag verlaat om ‘n kerkkonferensie in Parys by te woon. Die egpaar het met hulle wit Mercedes-Benz, met registrasienommer ALTAR FS, gery.

Die pastoor was in ‘n blou denimbroek en sy vrou in ‘n swart denimbroek met ‘n swart trui geklee.

Enigiemand wat weet waar die egpaar hulle bevind, word gevra om lt.kol. Nel by 082 526 2717 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief