Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie vra hulp om vermiste tienermeisie op te spoor

Foto: In berig
Foto: In berig

Foto: SAPD

NOORDWES. – ‘n Tienermeisie (17) word sedert Donderdag van ‘n plot op Bokfontein vermis.

Lt.kol. Amanda Funani sê die Mooinooi-polisie vra die hulp van die gemeenskap om die tienermeisie, wat as verstandelik gestrem bestempel is, op te spoor. Sy het vermis geraak sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy gaan.

“’n Soektog is sonder enige sukses rondom die erf en omliggende gebiede van Mooinooi gedoen.”

Sy het ten tyde van haar verdwyning ‘n wit kortmou T-hemp en groen kortbroek aangehad. Sy is kort en het bruin oë en kort krulhare.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar kan bevind, word gevra om sers. Andile Moate van die Mooinooi-speurtak by 060 970 9200 te bel.