Polisie vra hulp om vermoorde seun uit te ken

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die Zamdela-polisie vra hulp om ‘n jong seun, vermoedelik tussen 9 en 10 jaar oud, wat in ‘n plas bloed met wonde aan sy nek gevind is, uit te ken.

Sers. Sinah Mpakane sê die polisie ondersoek die onbekende seun se moord en is op soek na sy naasbestaandes.

Die seun is Saterdagoggend, nadat die polisie ‘n klagte ontvang het, onder ‘n brug by die kruising van die R82 en R549 aangetref. Hy is met noodlottige wonde aan sy nek dood verklaar.

Die seun was in ‘n wit/roomkleurige oorpak, met ‘n blou en ‘n wit gestreepte hemp geklee. Hy het geen skoene aangehad nie. Daar was geen uitkenbare merke aan sy liggaam nie. Hy is ongeveer 1 m lank, is lig van gelaat en het kort hare.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting oor die vermoorde seun of sy familie kan kol. Sereeti, die stasiebevelvoerder, by 082 454 4212 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief